Europium(II)bromiedjodied is 'n gemengde sout van europium in sy +2 oksidasietoestand en waterstofbromied en waterstofjodied. Dit is waarskynlik baie higroskopies en gevoelig vir suurstof.

Sintese Enkelkristalle is toevallig verkry in 'n fluks in 'n tantaalampul teen 973K. Die ampul is gevul met 'n 2:1:1:1-mengsel van , , en onder argon en verseël. Die resultaat was koper, 'n swart onbekende produk en pienk kristalle van , wat onder droë argongas aan X-straaldiffraksie onderwerp is.

Kristalstruktuur Die stof kristalliseer in 'n geordende weergawe van die -struktuur. Die struktuur is ortorombies. Europium is omring deur vier bromiedione (op 310-320 pm) in 'n verwronge tetraëder en deur vyf jodiedione op groter afstand (348-355 pm). Die totale negevoudige omringing is 'n drievoudiggekapte trigonale prisma.

Verwysing

Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van europium