San Antonio Internasionale Lughawe (IATA: SAT – ICAO: KSAT – FAA LID: SAT) is 'n internasionale lughawe in San Antonio, Texas, Verenigde State. Dit is in Bo-sentraal San Antonio, ongeveer 13 km noord van die middestad. Dit het drie aanloopbane en beslaan 1 100 hektaar op 'n hoogte van 247 m bo seespieël. SAT hanteer gemiddeld 260 daaglikse vertrekke en aankomste by sy 27 hekke, met 14 lugrederye wat direk vlieg na 53 bestemmings in die VSA en Meksiko.
San Antonio Internasionale Lughawe is in 1941 gestig toe die stad San Antonio 490 ha onontwikkelde grond gekoop het wat destyds noord van die stadsgrense was, vir 'n projek genaamd "San Antonio Munisipale Lughawe". Die behoeftes van die Tweede Wêreldoorlog in oorlogstyd het beteken dat die onvoltooide lughawe in die federale regeringsdiens geplaas is. Die lughawe het in Julie 1942 as Alamo Field geopen en is deur die United States Army Air Forces as 'n opleidingsbasis gebruik.
Fasiliteite duimnael| Terminaal A kaartjietoonbanke San Antonio Internasionale Lughawe het twee terminale met altesaam 27 hekke met lugbrue. Die oorspronklike eenvlak- terminaal (voorheen Terminaal 2) het in 1953 geopen met grondlaaiareas en is twee keer uitgebrei. Die Amerikaanse doeane- en grensbeskermingsfasiliteit is in Terminaal A geleë.
Landvervoer Via Metropolitan Transit- roetes 5 en 7 bied weekdagdiens vanaf die lughawe na die middestad.
Statistiek
Top bestemmings +Besigste binnelandse roetes vanaf SAT (Junie 2022 – Mei 2023) Rang Stad Passasiers Draers 1 20px Dallas/Fort Worth, Texas 471 000 American 2 20px Atlanta, Georgia 444 000 Frontier, Delta, Southwest 3 20px Denver, Colorado 373 000 Frontier, Southwest, United 4 20px Houston-Interkontinentaal, Tx 304 000 United 5 20px Phoenix-Sky Harbor, Arizona 302 000 American, Southwest 6 20px Dallas-Love, Texas 286 000 Southwest 7 20px Las Vegas, Nevada 265 000 Allegiant, Frontier, Southwest, Spirit, Sun Country 8 20px Charlotte, Noord-Carolina 204 000 American 920px Los Angeles, Kalifornië 185 000 American, Delta, Southwest, Spirit 10 15px Houston-Hobby, Texas 183 000 Southwest +Grootste lugrederye by SAT (Junie 2022 – Mei 2023) Rang Lugdiens Passasiers Aandeel 1 Southwest Airlines 3 604 000 39,1% 2 American Airlines 1 911 000 20,7% 3 United Airlines 1 360 000 14,7% 4 Delta Air Lines 1 304 000 14,1% 5 Frontier Airlines 305 000 3,3% Ander 745 000 8,1%
Passasiersgetalle +Jaarlikse passasiersverkeer by San Antonio (2010–2022) Jaar Passasiers Jaar Passasiers 2010 8 034 720 2020 4 028 564 2011 8 171 824 2021 7 464 662 2012 8 243 221 2022 9 462 449 2013 8 252 330 2023 2014 8 369 628 2024 2015 8 507 459 2025 2016 8 618 139 2026 2017 9 063 542 2027 2018 10 044 411 2028 2019 10 363 040 2029
Verwysings
Kategorie:Lughawens in die Verenigde State van Amerika