Quatro de Fevereiro Internasionale Lughawe (Portugees: Aeroporto Internacional 4 de Fevereiro, IATA: LAD, ICAO: FNLU) is die belangrikste internasionale lughawe van Angola. Dit is geleë in die suidelike deel van die hoofstad Luanda in die Luanda-provinsie. Quatro de Fevereiro beteken 4 Februarie, wat 'n belangrike nasionale vakansiedag in Angola is, wat die begin van die gewapende stryd teen die Portugese koloniale regime op 4 Februarie 1961 aandui. In 2018 is sowat 5,6 miljoen passasiers vervoer.Macauhub: Over 2 million passengers processed at Luanda Airport Angola in first half of 2010 30 November 2009

Geskiedenis Die konstruksie van die lughawe het in 1951 begin om die hoofstad van die voormalige Portugese oorsese provinsie Angola te bedien. Dit is in 1954 deur die Portugese president Craveiro Lopes ingewy, die lughawe is ter ere van hom genoem Aeroporto Presidente Craveiro Lopes (President Craveiro Lopes-lughawe).

In Augustus, September en Oktober 1975 het die lughawe tienduisende meestal wit Portugese Angolese gehuisves wat na Lissabon gevlug het (tydens Operasie Air Bridge) wat in die weke voor Angola se Onafhanklikheid uitgekamp terwyl hulle op ontruimingsvlugte gewag het.

Fasiliteite Die lughawe is op 'n hoogte van 74 m bo seevlak. Dit het twee asfalt geplaveide aanloopbane: 05/23 en 07/25.Airport information for FNLU van DAFIF Die lughawe sal eersdaags vervang word deur die nuwe Angola Internasionale Lughawe. Bouwerk het reeds begin, maar die opening daarvan is uitgestel weens finansiële probleme aan die kant van die Angolese regering.Angola: Luanda's costly new airport raises questions. theafricareport.com. 18 November 2014 (inglês) +Verkeer per jaar. Passasiers Verandering vanaf vorige jaar Lugbewegings Verandering vanaf vorige jaar Vrag(metrieke ton) Verandering vanaf vorige jaar 2005 882 749 18,2% 28 382 17,3% 19 975 23,4% 2006 1 128 442 27,8% 22 213 21,7% 33 876 69,6% 2008 2 222 638 NA 68 000 NA 42 614 NA 2009 2 430 794 9,4% 65 843 3,2% 53 339 25,2% Bron: Airports Council International. Wêreldlughaweverkeerstatistiek (Jare 2005-2009)

Verwysings

Kategorie:Koördinate op Wikidata Kategorie:Lughawens in Afrika