Delosperma lehmanni is 'n meerjarige sukkulent wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en kom voor vanaf Coega tot by Gqeberha. Die plant het 'n voorkomsgebied van 70 km² en daar was ses subpopulasies bekend. Vier het verlore gegaan en die oorblywende twee is gefragmenteerd. Een van die twee oorblywende subpopulasies het reeds meer as 60% van sy habitat afgestaan aan mynbou aktiwiteite naby Coega.
Galery
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika lehmanni