Delosperma sphalmanthoides is 'n meerjarige sukkulent wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en kom op die Roggeveldberge-eskarp naby Sutherland voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 56 km² en daar is tot drie subpopulasies. Die spesie groei in vlak grond bo-op rotse wat dit beskerm teen gewasverbouing. Dit word egter bedreig deur oorbeweiding en vertrapping deur vee.

Galery

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika sphalmanthoides