duimnael|regs|Die Hawekwaberge. Die Hawekwaberge (of Hawequa) is ‘n bergreeks in die Boland, noord van die Klein-Drakensteinberge. In die ooste sluit dit by die Slanghoekberge aan, en in die noordweste by die Limietberge.

Ligging Die reeks is tussen die Paarl, Wellington en Rawsonville en noord van die Klein-Drakensteinberge geleë. Die suidergrens word as die Du Toitskloof met sy Molenaarsrivier, die Du Toitskloofpas (op die R101-pad) en die Hugenotetonnel (op die N1-pad) beskou.

Bergterrein Rondom die Hawekwa-bergopvanggebied is van die grootste damme in die Wes-Kaap. In en rondom die Hawekwa-natuurreservaat is verskeie kampeerterreine en voetslaanpaaie. ‘n Radiotoring staan op die Wittebergpiek, teen 1 634 m bo seevlak is dit die hoogste punt in hierdie gebied. Ander pieke is die Nuwejaarspiek (1 327 m), Kromrivierpiek (1 457 m) en Molenaarspiek (1 527 m).

Geskiedenis Waarskynlik is die reeks vernoem na ‘n Khoi-stam, die Hawequa, of ook Hawekwa, Obiekwa of Obiqua. Die betekenis van die woord word aangegee as óf "moordenaar", "man-in-die-berg", of "dief/diewe".

Daar was reeds in 1783 'n veepaadjie in die berge.

Verwysings

Bronnelys Burman, José: Cape Trails and Wilderness Areas. Kaapstad: Human & Rousseau, 1987. Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 5. Kaapstad: Nasou, 1972.

Kategorie:Wes-Kaap Kategorie:Berge van Suid-Afrika