Prioziorni (Russies: Приозёрный) is 'n klein Kasakse dorpie in Krasnojarski-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit behoort tot die Achtoeba Plaaslike Munisipaliteit wat nog vier nedersettings insluit. Die dorpie se naam kom van die Russiese woorde vir "naby 'n meer geleë".

Demografie Volgens Sensus 2010 het Prioziorni 17 inwoners gehad, van wie almal etniese Kasakke was.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast