Natriumboorhydried (of natrium(tetra)hidroboraat)) is 'n gemengde hidried van natrium en boor met formule . Dit is 'n sterk reduseermiddel.
Die stof los op in water en dit is stabiel teen hoë pH. Met sure ontbind dit en vorm waterstof. Hoër temperature versnel die hidrolise.
Kristalstruktuur duimnael|links|'n Weergawe van die -ioon se wanorde teen kamertemperatuur Die verbinding het teen kamertemperatuur 'n wanordelike kristalstruktuur wat van tafelsout s'n afgelei is. (Strukturbericht-klassifikasie B1). Natriumione vorm 'n vlakgesentreerde kubus soos in NaCl. Boor word tetraëdries deur vier waterstofatome omring en die [-ioon neem die plek van die chloorioon in, maar hulle oriëntasie kan wissel.
Teen laer temperature soos 190K word die struktuur tetragonaal. Die oorgang is 'n faseoorgang van tweede orde.
Sintese duimnael|links|Diglyme Daar is verskeie maniere om natriumboorhidried te maak. Dit kan bv. uit diboraan en natriumhidried in 'n geskikte oplosmiddel vervaardig word. 'n Triëter soos diglyme (1-metoksie-2-(2-metoksietoksi)etaan) word gewoonlik as oplosmiddel gebruik.
'n Ander metode gebruik trimetielboraat as katalisator:
Hierdie proses verloop sonder oplosmiddel.
'n Mens kan ook van natriummetoksied uitgaan:
Chemiese eienskappe links|duimnael|Die oplosbaarheid van in water met hoë pH Natriumboorhidried is goed oplosbaar in polêre oplosmiddels met 'n hoë diëlektriese konstante. In waterige oplossing vind hidrolise van die hidroboraat plaas, maar dit sal die oplossing basies maak en die hidrolise vertraag teen hoë pH. Die algemene reaksie is:
Dié hidrolise erhoog die pH en stel waterstof vry maar die meganisme is ten spyte van baie navorsing nie duidelik nie.
Die stof kan uit sterk basiese oplossing herkristalliseer word, wat as suiweringsmetode gebruik kan word. Onder 35 °C word 'n hidraat .2 gevorm en dit kan in die oplosbaarheidskromme goed gesien word.
Natriumboorhidraat is 'n belangrike reagens in die organiese chemie. Dit reduseer 'n aldehied (alkanal) tot 'n primêre alkohol en 'n ketoon (alkanoon) tot 'n sekundêre. In teenstelling tot litiumaluminiumhidried tas dit karboksielsure or esters nie aan nie: Lêer:Redketon_NaBH4.png
Dit kan 'n imien reduseer:
Lêer:Redimin_NaBH4.png
Verwysings
boorhidried Kategorie:Verbindings van boor