Die Waboomberge is 'n bergreeks suid van die Koue Bokkeveld en noord van die Warm Bokkeveld in die Wes-Kaap in Suid-Afrika.

Na die weste is die naaste dorpe Ceres, Tulbagh en Prince Alfred Hamlet, almal in die Witsenberg Munisipaliteit. Die berg se gemiddelde hoogte is 1 332 m bo seevlak. Die hoogste piek is 1 849 m bo seespieëlReader's Digest Atlas of Southern Africa, 1984, en 'n radiotoring is hier geleë. In die weste sluit dit by die Gydoberg aan, en aan die oostepunt word dit deur die Theronsbergpas (R46-pad) oorgesteek.

Let wel: Noord van Die Koo is 'n gelyknamige bergreeks wat deur Rooihoogtepas oorgesteek word. 'n Heuwel, sowat 15 km suidwaarts op die Warm Bokkeveld-vlakte, staan as die Waboomberg bekend.

Kyk ook Waboomsberge, noordoos van Montagu Waboomsberg, 'n bergpiek in die Swartberg

Verwysings

Kategorie:Bergreekse in Suid-Afrika