duimnael|300px|regs|Die Olifantsrivier in 'n ravyn suid van Citrusdal. Hier vloei dit teen die Kouebokkeveldberge op linkerhand (d.i. die oos- of regteroewer daarvan), en op regterhand lê die noordpunt van die Skurweberge. Die Kouebokkeveldberge, is 'n bergreeks van die Kaapse Plooigordel in die Wes-Kaapprovinsie, Suid-Afrika. Geologies is die reeks uit Sederbergsandsteen van die Kaapse stelsel saamgestel. Aan die westekant word die reeks deur die Olifantsrivier van die nabye Olifantsrivierberge geskei.

Ligging en omvang Dit is bokant Prince Alfred Hamlet geleë, noord van Ceres, en suid en oos van Citrusdal. Die reeks loop in 'n WNW-OSO-rigting met 'n hoë platorand aan sy suidelike en suidwestelike kant. Hoogtes van die reeks is gemiddeld 1 600 m en daar is dikwels sneeu in die winter. Hierdie hoogtes is een van die koudste plekke in die Wes-Kaap in die winter.

Dreinering Die Kouebokkeveld val binne die Olifants/Doring-stelsel en die Doringrivier het sy bronne in hierdie reeks, wat aansienlik bydra tot die vloei van die Olifants-opvanggebied.

Ekologie Die flora van die Kouebokkeveld is soortgelyk aan die Sederbergflora, met bergfynbos op hoë hoogtes, Karooplantegroei op die laer hange en kolle bergsipres. Plante soos die geelbos, 'n spesie van Leucadendron, kan hier gevind word.Oil Bract Conebushes - Leucadendrons

Artefakte duimnael|300px|Gesplete rotsmassa van Sederbergsandsteen (in die nabye Sederberg) Daar is antieke San-rotskuns by 'n plek genaamd Katbakkies.Rock-Paintings at Katbakkies, Koue Bokkeveld, Cape ’n Meteoriet het in 1838 op die Koue Bokkeveld neergestort. Dit staan as die Koue Bokkeveld- of CM2-meteoriet bekend.Koue Bokkeveld meteorite Die meteorietfragmente was versprei en die meeste daarvan is nou verlore.

Verwysings

Kategorie:Koördinate op Wikidata Kategorie:Berge van Suid-Afrika