Bolsjoi Gok (Russies: Большой Гок, Kalmikies: Ик Һо) is 'n dorpie in Gorodowikofsk-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit behoort tot die Lazarefski Plaaslike Munisipaliteit wat nog vyf nedersettings insluit, en lê 12 kilometer suid van die rajon se setel, Gorodowikofsk, naby die grens met Stawropol-krai.

Die dorpie se naam kom van die Kalmikiese naam van die nabygeleë Bolsjoi Gokrivier waarvan die letterlike betekenis "groot en reguit" is.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Bolsjoi Gok 193 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 115 59,6% Roma 49 25,4% Kalmikiërs 11 5,7% Duitsers 8 4,1% Moldawiërs 6 3,1% Oekraïners 4 2,1% Totaal 193 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kalmikië