Langbeiniet is 'n mineraal met algemene formule . Dit is 'n evaporiet wat in soutafsettings gevind word. Die mineraal los stadig in water op en dit is piësoëlektries.
Mynbou Langbeiniet is 'n waardevolle erts vir kalium, magnesium en sulfaat wat drie komponente van kunsmis verteenwoordig. In byvoorbeeld Nieu-Meksiko word dit naas silviet gevind en ontgin.
Kristalstruktuur Langbeiniet het 'n kubiese kristalstruktuur wat bestaan uit 'n netwerk van []-tetraëders en []-oktaëders. Elke tetraëder deel sy hoekpunte met vier oktaëders. Die kaliumione vul die holtes in hierdie netwerk. Daar is baie sulfate en fosfate wat hierdie struktuurtipe besit. Sommige daarvan ondergaan 'n verwringing teen laer temperature. Hulle besit 'n laer simmetrie (P222).
Verwysings