Die Agtiende Wysiging van die Grondwet van Suid-Afrika (formeel die Agtiende Wysigingswet op die Grondwet van 2023) sal Suid-Afrikaanse Gebaretaal 'n amptelike taal van Suid-Afrika maak.
Die wetsontwerp vir die wysiging is op 11 Januarie 2023 deur Ronald Lamola, die Minister van Justisie en Grondwetlike ontwikkeling, in die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika ingedien. Dit is op 2 Mei eenparig deur die vergadering aangeneem, en op 19 Julie 2023 deur president Cyril Ramaphosa onderteken. Dit sal in werking tree op 'n datum wat deur die president in die Staatskoerant geproklameer sal word.
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike teks
Kategorie:Suid-Afrikaanse Gebaretaal Kategorie:Grondwet van Suid-Afrika