Maloderbetofski-rajon (Russies: Малодербетовский район, Kalmikies: Баһ Дөрвдә район, Bah Dörvdə rayon) is 'n administratiewe rajon van Kalmikië, Rusland. Dit lê in die noordelike deel van die republiek en grens aan twee ander federale deelgebiede van Rusland, Astrachan-oblast en Wolgograd-oblast. Die rajon se setel is die dorp Malije Derbeti.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Maloderbetofski-rajon 10 528 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs en Russe vorm die meerderheid van die rajon se bevolking.
Etniese groepSensus 2010 Persentasie Kalmikiërs 5 609 53,3% Russe 4 312 40,6% Dargine 140 1,3% Tsjetsjniërs 107 1% Ander groepe 360 3,8% Totaal 10 528 100%
Verwysings
Kategorie:Kalmikië