Krasnojarski-rajon (Russies: Красноярский район) is 'n administratiewe rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit lê in die Wolga-rivierdelta in die suidoostelike deel van die oblast en grens aan Kasakstan. Die rajon se setel is die dorp Krasni Jar.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Krsanojarski-rajon 35 616 inwoners gehad. Etniese Kasakke en Russe vorm die meerderheid van die rajon se bevolking.
Etniese groepSensus 2010 Persentasie Kasakke 16 969 47,4% Russe 11 304 31,1% Nogais 1 994 5,6% Tartare 1 483 4,2% Tsjetsjniërs 301 0,9% Lesgiërs 296 0,8% Ander groepe 1 078 3% Onbekend 2 190 6,1% Totaal 35 616 100%
Verwysings
Kategorie:Astrachan-oblast