Sjatta (Russies: Шатта) is 'n dorpie in Kettsjeneri-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Sjatta Plaaslike Munisipaliteit wat nog twee kleiner nedersettings, Bair en Nizowi, insluit. Dit lê 55 kilometer suidoos van die rajon se setel, Kettsjeneri.
Die dorpie se naam kom van 'n Kalmikiese woord wat na 'n soort put verwys.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Sjatta 733 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 635 86,6% Dargine 64 8,7% Russe 27 3,7% Tsjetsjniërs 3 0,4% Onbekend 4 0,5% Totaal 733 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Kalmikië