Bair (Russies en Kalmikies: Байр) is 'n klein dorpie in Kettsjeneri-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit behoort tot die Sjatta Plaaslike Munisipaliteit wat nog twee nedersettings insluit, en lê 64 kilometer suidoos van die rajon se setel, Kettsjeneri.

Die dorpie se naam is van Kalmikiese oorsprong en beteken "vreugde".

Demografie Volgens Sensus 2010 het Bair 54 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 47 87% Russe 4 7,4% Tartare 3 5,6% Totaal 54 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kalmikië