Obraztsowo-Trawino (Russies: Образцово-Травино) is 'n dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Obraztsowo-Trawino Plaaslike Munisipaliteit wat nog ses kleiner nedersettings insluit: Damtsjik, Gandoerino, Lebjazje, Nizjnenikolski, Oktjabrski en Poldnewoje.

Soos baie ander nedersettings in Kamiziak-rajon, is Obraztsowo-Trawino in die Wolga-rivierdelta geleë. Dit lê op 'n eiland tussen die Gandoerino en Kanitsjariviere 17 kilometer suidwes van die rajon se setel, Kamiziak.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Obraztsowo-Trawino 2 730 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking en Kasakke is die grootste minderheid..

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast