Toezoeklei (Russies: Тузуклей) is 'n dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel van die Nowotoezoeklei Plaaslike Munisipaliteit wat nog drie kleiner nedersettings insluit: Groesjewo, Sizowa Griwa en Trjochizbinka. Soos baie ander nedersettings in Kamiziak-rajon, is dit in die Wolga-rivierdelta geleë. Dit lê op die linkeroewer van Boldusjkarivier en op albei oewers van die Toezoekleirivier 20 kilometer noordoos van die rajon se setel, Kamiziak.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Toezoeklei 2 273 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking en Kasakke is die grootste minderheid.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast