Beli Ilmen (Russies: Белый Ильмень) is 'n klein Kasakse dorpie in Krasnojarski-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit behoort tot die Krasni Jar Plaaslike Munisipaliteit wat die rajon se setel ook insluit, en lê op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta.

Die dorpie se naam kom van die naam van 'n nabygeleë rivier, waarvan die letterlike betekenis in die plaaslike Russiese dialek "wit steppemeer" is.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Beli Ilmen 86 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast