Tsagan-Noer (Russies: Цаган-Нур, Kalmikies: Цаһан Нур) is 'n dorpie in Oktjabr-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Tsagan-Noer Plaaslike Munisipaliteit wat nog drie kleiner nedersettings, Boschatsji, Lidzjin Choedoek en Tsjarlakta, insluit.

Die dorpie lê 55 kilometer suidwes van die rajon se setel, Bolsjoi Tsarin. Die letterlike betekenis van die dorpie se Kalmikiese naam is "wit meer" wat die ou naam van die nabygeleë Sarpameer is.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Tsagan-Noer 827 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 804 97,2% Russe 13 1,6% Tsjetsjniërs 4 0,5% Kasakke 3 0,4% Tsjoewasjiërs 3 0,4% Totaal 827 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kalmikië