Boschatsji (Russies: Босхачи) is 'n klein dorpie in Oktjabr-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit behoort tot die Tsagan-Noer Plaaslike Munisipaliteit wat nog drie nedersettings, Lidzjin Choedoek, Tsagan-Noer en Tsjarlakta, insluit.
Die dorpie se naam is 'n Russiese aanpassing van die Kalmikiese word босхч (boschtsj), waarvan die letterlike betekenis "beginner", "stigter" of "inisieerder" is.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Boschatsji 42 inwoners gehad, van wie almal etniese Kalmikiërs was.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Kalmikië