Oengn-Tjorjatsji (Russies: Унгн-Тёрячи, Kalmikies: Уңһн Төөрәч) is 'n klein dorpie in Maloderbetofski-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit behoort tot die Chanata Plaaslike Munisipaliteit en lê 17 kilometer noordwes van die munisipaliteit se setel, Chanata. Die dorpie se naam kom van die Kalmikiese woorde vir "verlore vul" wat die naam van 'n nabygeleë meer is.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Oengn-Tjorjatsji 304 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 291 95,7% Russe 13 4,3% Totaal 304 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kalmikië