Zoergan (Russies: Зурган, Kalmikies: Зурһан) is 'n klein dorpie in Maloderbetofski-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit behoort tot die Chanata Plaaslike Munisipaliteit en lê 11 kilometer suidoos van die munisipaliteit se setel, Chanata. Die dorpie se naam is 'n verkorting van die Kalmikiese woorde зурһан худг (zoergan choedg) wat "ses putte" beteken.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Zoergan 288 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 277 96,2% Russe 8 2,8% Kasakke 3 1% Totaal 288 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kalmikië