Charabali (Russies: Харабали) is 'n stad in Astrachan-oblast, Rusland en setel van die gelyknamige Charabali-rajon wat nog 19 kleiner nedersettings insluit. Die stad lê op die linkeroewer van die Asjoeloekrivier, 130 kilometer noordwes van die oblast se hoofstad, Astrachan.

Geskiedenis Charabali is in 1789 as 'n klein dorpie gestig. Die eerste inwoners was Russiese boere van die Tsjernaftsi-dorpie in die huidige Woronezj-oblast. Dit word in die naam van een van Charabali se woonbuurte, Tsjernafka, weerspieël. Later het setlaars uit die huidige Koersk- en Tambof-oblaste by hulle aangesluit.

Daar is verskeie teorieë oor die oorsprong van die pleknaam Charabali. Dit kom van een van die plaaslike Turkiese tale of Kalmikies, 'n Mongoolse taal, en kan beteken "swart heuwel", "swart vis" of "plek met ruïnes".

In 1974 het die voormalige dorpie stedelike status gekry.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Charabali 18 128 inwoners gehad. Ethniese Russe en Kasakke vorm die meerderheid van die stad se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 10 823 59,7% Kasakke 6 085 33,6% Armene 238 1,3% Duitsers 143 0,8% Tartare 101 0,6% Koreane 98 0,5% Ander groepe 562 3,1% Onbekend 78 0,4% Totaal 18 128 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast