Chosjeoetowo (Russies: Хошеутово) is 'n dorpie in Charabali-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Chosjeoetowo Plaaslike Munisipaliteit wat nog twee kleiner nedersettings, Achtoebinka en Lapas, insluit.
Chosjeoetowo lê op die linkeroewer van die Asjoeloekrivier. Die dorpie se naam kom van die naam van 'n Kalmikiese stam, die Chosjeoete.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Chosjeoetowo 2 099 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kasakke 1 796 85,6% Russe 215 10,2% Tartare 19 0,9% Koemikke 16 0,8% Nogais 10 0,5% Maris 7 0,3% Aware 6 0,3% Oesbeke 6 0,3% Kirgisiërs 5 0,2% Tsjetsjniërs 5 0,2% Azerbeidjanners 4 0,2% Koreane 4 0,2% Onbekend 6 0,3% Totaal 2 099 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast