duimnael|regs|Die Sporades. Die Sporades of Noord-Sporades (Grieks: Βόρειες Σποράδες, vories spoˈraðes; Latyn: Vóries Sporádhes) is 'n argipel aan die ooskus van Griekeland, noordoos van die eiland Euboea,"Skyros - Britannica Concise" (beskrywing), Britannica Concise, 2006, webtuiste: EB-Skyros in die Egeïese See. Die argipel bestaan uit 24 eilande, waarvan vier permanent bewoon word: Alonnisos, Skiathos, Skopelos en Skyros.
Etimologie "Sporades" beteken "verstrooide" (vergelyk met die woord "sporadies"). Van die Klassieke Oudheid af verwys die naam na die Egeïese eilande buite die sentrale argipel, die Kuklades.
Geografie In die moderne geografie is daar vyf groepe Sporades: Thessaliese Sporades (Θεσσαλικές Σποράδες) of Noord-Sporades. Van omstreeks 1960 af verwys die term "Sporades" hoofsaaklik na dié eilande: Skopelos Alonnisos Skiathos Skyros Kyra Panagia Peristera Gioura Skantzoura Piperi Tsougria Thrakiese Sporades (Θρακικές Σποράδες): Thasos, Samothrace, Imbros, Lemnos en Agios Efstratios Wes-Sporades (Δυτικές Σποράδες): Salamis, Aigina, Poros, Hydra, Spetses en ander Oos-Sporades (Ανατολικές Σποράδες): die eilande van die Oos- en Noordoos-Egeïese See, naby die kus van Klein-Asië: Samos, Ikaria, Lesbos, Chios, Tenedos, Psara, Oinousses en ander kleiner eilandgroepe Suid-Sporades (Νότιες Σποράδες): Dodekanesos
Administrasie Die streekseenheid Sporades (Περιφερειακή Ενότητα Σποράδων) word in drie munisipaliteite verdeel:
Skiathos Skopelos Alonnisos
Verwysings
Skakels
Kategorie:Egeïese See