Dharamshala (Hindi: धर्मशाला, Dharmśālā, letterlik:, "Huis van Dharma", "pelgrimsherberg“), ook gespel Dharamsala, is die winterhoofstad van die Noord-Indiese deelstaat Himachal Pradesh, met 'n bevolking van 62 596 in 2015. Die stad is in die verre noorde van die Indiese subkontinent geleë en dien ook as die Tibettanse regering in ballingskap se hoofstad met die 14de Dalai Lama Tenzin Gyatso wat in die stad woon.
duimnael|links|Die Tibettanse regering in ballingskap in Dharamshala Dharamshala beskik met die HPCA-stadion oor 'n toetskrieketstadion. Beide die Indiese nasionale krieketspan en die Indiese nasionale vrouekrieketspan speel van hulle tuiswedstryde in die stad. Op die HPCA-stadion is onder andere wedstryde tydens die T20I-wêreldbeker 2016 en die gelyktydige T20I-vrouewêreldbeker 2016, asook die Krieketwêreldbeker 2023 aangebied.
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Nedersettings in Indië