Prins Alexis Andreievich Romanov (Afrikaanse transliterasie: Aleksei Andrejewitsj Romanof; gebore 27 April 1953)Almanach de Gotha (2013), 250de uitg., Volume I. P 337-345Prince Alexis Andreievich, Royalpedia is sedert 2021, met die afsterwe van sy vader, 'n aanspraakmaker op die hoofskap van Rusland se Huis van Romanof saam met groothertogin Maria Wladimirowna.
Ondersteuners van groothertogin Maria beskou prins Alexis nie as 'n dinastiese prins nie, maar as prins Alexis Andreievich Romanovsky. In sy professionele lewe is hy bekend as Alex Romanoff.
Prins Alexis is in San Francisco, Kalifornië, gebore as die enigste seun van prins Andrew Romanoff en sy eerste vrou, Elena Konstantinovna Durneva.Russia. An Online Gotha Hy is lid van die Russies-Ortodokse Kerk.Broeck, Pieter. A Genealogy of the Romanov Dynasty, The Imperial House of Russia, 1825-1994.
Prins Alexis is 'n agter-agterkleinseun van tsaar Aleksander III, en is lid van die Michailowitsji-tak van die direkte manlike Romanof-afstammelinge van tsaar Nikolaas I.
Verwysings
Kategorie:Huis van Romanof Kategorie:Aanspraakmakers op die Russiese troon Kategorie:Geboortes in 1953