Die 2023-Rugbykampioenskapsreeks was die elfde jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Argentinië, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die kompetisie word bedryf deur SANZAAR, ’n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Springbokke, Wallabies en die All Blacks.
Die toernooi het afgeskop op 8 Julie met Suid-Afrika teen Australië en Argentinië as gasheer vir Nieu-Seeland, en het geëindig op 29 Julie; vroeër en korter as in 2022, omrede die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word. Die toernooi het om borgskapredes bekendgestaan as The Castle Rugby Championship in Suid-Afrika, The Fortinet Rugby Championship in Nieu-Seeland, The eToro Rugby Championship in Australië en The Zurich Rugbykampioenskap in Argentinië.
Nieu-Seeland het die toernooi vir die 20ste keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Suid-Afrika met die Mandela Uitdaagplaat en Argentinië met die Poematrofee weggestap het.
Formaat Die formaat vir die 2023-toernooi was soortgelyk aan dié van 2019 verkort weens die Rugbywêreldbeker wat later die jaar in Frankryk plaasvind. Elke span het ’n totaal van drie wedstryde gespeel, en ses in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste drie drieë meer as die teenstander in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die kompetisie se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Telkaart Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil1 3 3 0 0 114 39 +75 2 142 3 2 0 1 85 68 +17 1 93 3 1 0 2 67 94 –27 1 54 3 0 0 3 50 115 –65 1 1
Wedstryddatums DatumWeek 18 JulieWeek 215 JulieWeek 329 Julie
Week 1
Week 2
Week 3
Rugbykampioenskapreekskampioen 2023
Statistiek Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Richie Mo’unga 28 2 Manie Libbok 21 3 Emiliano Boffelli 16 4 Kurt-Lee Arendse 15 5 Santiago Carreras 11 Quade Cooper Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Kurt-Lee Arendse 3 2 Mateo Carreras 2 Shannon Frizell Rieko Ioane Will Jordan Aaron Smith
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Die Rugbykampioenskap Kategorie:Sport in 2023