Luitenant-generaal Nicolaas Nieuwoudt MBChB SSA SD SM (1929 – 1989) was 'n Suid-Afrikaanse militêre bevelvoerder. As 'n mediese dokter, het hy in 1960 by die Suid-Afrikaanse Lugmag se geneeskundige tak aangesluit, na vyf jaar privaat praktyk. Hy was van 1977 tot 1988 die Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens se bevelvoerder as geneesheer-generaal. Hy was ook die bevelvoerder van die geheimsinnige Suid-Afrikaanse chemiese en biologiese wapenprogram (tydens die apartheidsjare), bekend as Project Coast, van 1981 tot 1988.

Opleiding Nieuwoudt het 'n graad in geneeskunde aan die Universiteit van Pretoria verwerf.

Eerbewyse en toekennings Hy het die volgende medaljes en versierings ontvang:

1985 1980 1964 1984 1979 1980 – Die Orde van Militêre Meriete, graad 'Grand Officer' van Paraguay

Verwysings

Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1929 Kategorie:Sterftes in 1989