'n Federale republiek of Bondsrepubliek is 'n staatsvorm van 'n land wat sowel 'n republiek as 'n federasie is. Gevolglik is 'n Federale republiek 'n vereniging van deelstate onder 'n federale bestuur wat gemeenskaplike belange soos verdediging, buitelandse sake e.d. behartig, waarby die deelstate hul interne soewereiniteit behou. Die deelstate kan nie sommerso uit 'n federale republiek uittree nie. Dit onderskei die bondsrepubliek van 'n statebond (konfederasie).

Lys van Federale republieke duimnael|400px|Federasies in die wêreld Republiek van Argentinië Federale Republiek van Brasilië Unie van die Comore-eilande Bondsrepubliek Duitsland Federale Demokratiese Republiek Ethiopië Republiek van Indië Verenigde Mexikaanse State Gefedereerde State van Mikronesië Federale Republiek van Nigerië Republiek van Oostenryk Russiese Federasie Republiek van Soedan Republiek van Suid-Soedan Switserse Konfederasie Bolivariaanse Republiek van Venezuela Verenigde State van Amerika

Bronne Oorvertaal vanaf die Duitse, Nederlandse en Engelse Wikipedias.

Kategorie:Regeringstelsels