Capelle aan den IJssel is 'n munisipaliteit en stad in die Nederlandse provinsie Zuid-Holland, met 'n bevolking van sowat 68 000 in 2023 en 'n oppervlakte van sowat 15 km².
Capelle aan den IJssel lê oos van die hawestad Rotterdam aan die noordwestekant van die Hollandse IJssel-rivier, waar hierdie rivier die Lek-rivier raak en uitmond in die Nieuwe Maas-rivier.
Die munisipaliteit is deel van die Metropoolregio Rotterdam-Den Haag.
Plekke Stad: Capelle aan den IJssel
Gehuggie: 's-Gravenweg (gedeeltelik) Gedeeltelik in die Zuidplas-munisipaliteit.
Munisipale raad Verkiesings sedert 2010:www.nlverkiezingen.com
Party Setels 2010 2014 2018 2022 Leefbaar Capelle 9 12 13 11 D66 3 4 3 4 VVD 4 3 4 4 SGP 3 3 3 3 Capels Bewoners Belang 2 GL 1 2 2 PvdA 5 4 2 2 CU 2 2 2 2 CDA 2 2 2 1 SP 1 3 2 1 BVNL 1 Capelle.Nu! 1 Trots op Nederland 1 Capels Belang 1 Totaal 33 33 33 33
Naburige munisipaliteite
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf Plaatsengids (beskrywing) AlleCijfers (statistiek)
Kategorie:Munisipaliteite in Zuid-Holland Kategorie:Nedersettings in Zuid-Holland Kategorie:Stede in Nederland