Die 2022 Golden Globe-wedvaart is die derde weergawe van die oorspronklike Sunday Times Golden Globe-wedvaart. Die wedvaart, ’n solo-om-die-wêreld-seilwedvaart, het op 4 September 2022 by Les Sables-d'Olonne in Frankryk begin. Dit was soortgelyk aan die 2018-vaart, met die solo-skippers wat in Gijón (Spanje) bymekaargekom het vir die SITraN-proloog op 14 Augustus 2022. Hierna het hulle na Les Sables-d'Olonne geseil vir die GGR Race Village, wat op 21 August 2022 geopen het.

Die wedvaart is deur die Suid-Afrikaner Kirsten Neuschäfer gewen, wat op 27 April 2023 na Les Sables-d'Olonne teruggekeer het, na 'n amptelike tyd van 233 dae, 20 uur, 43 minute en 47 sekondes ter see, ongeveer een dag voor haar naaste teenstander.

"Retro"-seil Soos met die 2018 Golden Globe-wedvaart, was die deelnemers beperk tot soortgelyke seiljagte en toerusting as wat beskikbaar was vir Sir Robin Knox-Johnston, die wenner van die oorspronklike wedvaart in 1968–69. Dit beteken om te vaar sonder die gebruik van moderne tegnologie soos satellietgebaseerde navigasiehulpmiddels. Veiligheidstoerusting soos EPIRBs ('n stelsel van noodradiobakens) en outomatiese identifikasiestelsels is gedra, maar die mededingers is slegs toegelaat om die tegnologie in 'n noodgeval te gebruik.

Deelnemers kon aansoek doen om hul klas boot te laat goedkeur, mits dit aan die volgende reëls voldoen:

Gemaak van veselversterkte plastiek Ontwerp voor 1988, met 'n minimum aantal van 20 seiljagte wat volgens een vorm gebou is Beskik oor 'n romplengte van tussen 9,8 en 11,0 meter. Boegspriete, windwaaiers en buiteboord-roere en ander aanhangsels word nie gemeet nie Het 'n vollengte kiel met roere aan die agterrand ’n Minimum ontwerpverplasing van 6 200 kilogram

Roete Die wedvaart het op 4 September 2022 in Les Sables-d'Olonne begin, en 'n roete ooswaarts om die wêreld gevolg. Dit het aangedoen by Kaap die Goeie Hoop, Kaap Leeuwin en Kaap Hoorn. Daar was vier "filmhekke" langs die roete - Lanzarote, Kaapstad, Hobart en Punta del Este - waar die skippers onderhoude kon voer terwyl hulle sonder om te stop verbyvaar en waar hulle films en briewe oorhandig het.

Deelnemers Die volgende 16 skippers het die wedvaart begin: +SeilvaarderSeiljagTipe1 Arnaud GaistFeï of ShanghaïBarbican 33 MKII (Langkielweergawe)2 Damien GuillouPRBRustler 363 Abhilash TomyBayanatRustler 364 Edward WalentynowiczNoah's JestRustler 365 Elliott SmithSecond WindGaleForce 346 Ertan BeskardesLazy OtterRustler 367 Guy deBoerSpiritTashiba 368 Guy WaitesSagarmathaTradewind 359 Ian Herbert-JonesPuffinTradewind 3510 Jeremy BagshawOlleannaOE3211 Kirsten NeuschäferMinnehahaCape George Cutter, CG3612 Mark SinclairCoconutCaptain Coconut Mark Sinclair has resumed his 2018 Golden Globe-wedvaart voyage, and will be sailing his Lello 34, Coconut solo from Australia to Les Sables d'Olonne, Katy Strickland, Yachting Monthly, 2021-12-07, accessed 2021-12-28Lello 3413 Michael GuggenbergerNuriBiscay 3614 Pat LawlessGreen RebelSaltram Saga 3615 Simon CurwenClaraBiscay 3616 Tapio LehtinenAsteriaGaia 36

Die wedvaart Die wedvaart het op 4 September 2022 afgeskop, met die mededingers wat 'n rolhek tussen die seiljagte Galiana en L’Esprit d’Equipe verbysteek het. Die amptelike afsitter was Sir Robin Knox-Johnston, die wenner van die oorspronklike Golden Globe-wedvaart.

Wedvaartranglys vanaf 28 April 2023:

Mededinger Kaapstad-hek Storm Bay Tasmania-hek Kaap Hoorn Einde Kirsten Neuschäfer 8 November 25 Desember 15 Februarie 27 April Abhilash Tomy 10 November 27 Desember 18 Februarie 28 April Michael Guggenberger 12 November 3 Januarie 26 Februarie Chichesterklas (eenstop) Simon Curwen 6 November 24 Desember 25 Februarie 27 April Jeremy Bagshaw 17 November 16 Januarie 14 Maart Uitgeval (in volgorde van onttrekking)+ Mededinger Datum Besonderhede Edward Walentynowicz 9 September 2022Onttrek "weens persoonlike redes". Guy de Boer 18 September 2022 Tref 'n rots noord van Fuertaventura. Mark Sinclair 23 September 2022Onttrek naby Lanzarote, met verwysing na "familieredes". Pat Lawless 9 November 2022Onttrek, nadat hy die Kaapstad-hek bereik het, as gevolg van faling van selfstuurstelsel. Damien Guillou 14 November 2022Onttrek, nadat hy die Kaapstad-hek bereik het, ook as gevolg van faling van selfstuurstelsel. Ertan Beskardes 16 November 2022Onttrek in Kaapstad, verduidelik "Ek was op soek na die onbekende, en ek het dit gevind" Tapio Lehtinen 18 November 2022Boot het in die Suidelike Indiese Oseaan gesink, skipper is deur Kirsten Neuschäfer gered. Arnaud Gaist 2 Desember 2022Onttrek as gevolg van seekastaiings en tuigwerkprobleme. Elliott Smith 19 Januarie 2023 Onttrek in Australië weens sy boot se boegspriet wat gebreek het. Guy Waites 10 Februarie 2023 Onttrek in Hobart nadat hy die reddingsvlot verloor het tydens 'n stortbui (in Chichester klas sederd Kaapstad). Ian Herbert-Jones 11 April 2023 Sy boot het omgerol en die mas in die Suidelike Atlantiese Oseaan verloor (in Chichester klas sedert Kaap Hoorn).

Notas

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Golden Globe-wedvaart Kategorie:Seiljagwedvaarte