Phylica anomala is 'n meerjarige, blomdraende struik wat deel is van die Rhamnaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die fynbos. Die plant kom van Caledon tot by Swellendam voor en het 'n voorkomsgebied van 2 803 km². Daar is vier subpopulasies bekend en hulle getalle verminder as gevolg agteruitgang van die habitat en kompetisie van indringerplante. By Caledon het gewasverbouing van die habitat oorgeneem, ook op die laer hange by Shaw se pas en naby Napier. By Houwhowk het die aanplant van plantasies ook verlies van habitat tot gevolg gehad.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

anomala Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika