Buck Angel (gebore op 5 Junie 1962) is 'n Amerikaanse pornografiese akteur, vervaardiger en seksopvoeder. Hy is die stigter van die mediaproduksiemaatskappy Buck Angel Entertainment. Hy is 'n transseksuele man en sê hy beskou homself nie as transgender nie. Hy het in 2007 die AVN-prys vir transseksuele kunstenaar van die jaar ontvang, en werk nou as 'n kampvegter en opvoeder.

Angel was van 2010 tot 2016 op die direkteursraad van die Woodhull Freedom Foundation, wat seksuele vryheid as 'n basiese mensereg voorstaan.

Vroeë lewe Angel is op 5 Junie 1962 as 'n vrou in Los Angeles gebore en het 'n vrouenaam gekry. Sy gender-atipiese gedrag as kind is tuis aanvaar, maar namate sy sekondêre geslagseienskappe ontwikkel het, het sy tuis- en skoollewe al hoe intenser geraak.

Ná 'n selfmoordpoging op hoërskool het Angel se ouers hom vir terapie gestuur. Hy was egter onbewus van behandeling teen genderdisforie en het jare lank by sy vroulikheid probeer aanpas. Hy het eindelik 'n terapeut ontmoet wat sy gender bevestig het in plaas daarvan om hom as 'n lesbiër te beskou. Hy het verskeie metodes van gendertransisie nagevors en op 28 sy transisie begin. Omdat daar destyds min mense, veral vroue, was wat hormoonvervangingsterapie ondergaan het, het sy dokter Angel "my proefkonyn" genoem.

Daarna het Angel op sy fisieke voorkoms begin fokus en sy borste chirurgies laat verwyder. Hy het afgesien van peniskunstruksie omdat hy besef het die tegnologie was destyds onvoldoende. Hy het dit nooit ondergaan nie en beskou nou sy transisie as afgehandel. Hy het wel later 'n histerektomie ondergaan.

Loopbaan thumb|links|220px|Angel (middel) saam met Scott Spears (links) en Michael Brandon.

Angel het onder die naam Buck Angel Entertainment sy eie pornografieprente begin vervaardig en daarin gespeel. Teen dié tyd het hy as 'n man geïdentifiseer, maar nie peniskonstruksie ondergaan nie. Hy het hom beskryf as "the Man with a Pussy", en dit het sy handelsmerk geword.

In 2005 het hy verskyn in Titan Media se prent Cirque Noir. Hy was die eerste trans man wat in 'n prent met net mans gespeel het wat vervaardig is deur 'n maatskappy wat spesialiseer in gay pronografie. In dieselfde jaar het hy gespeel in Allanah Starr's Big Boob Adventures (met die trans vrou Gia Darling as regisseur), die eerste prent wat 'n sekstoneel uitbeeld tussen 'n trans vrou (Allanah Starr) en 'n trans man. Dié toneel en sy optrede in Buckback Mountain (2008) is vir AVN-pryse benoem. In 2007 was hy die eerste trans man wat die AVN-prys vir transseksuele kunstenaar van die jaar gewen het.

thumb|170px|Angel in 2007. Angel se pornografiese werk was een van die boustene vir sy latere opvoedkundige demonstrasies. Hy word daarvoor geprys dat hy die waarnemings van seksualiteit en gender in beide die bedryf en die gedagtes van verbruikers verbreed het. Eindelik het sy pornografiese werk daartoe gelei dat hy 'n kampvegter geword het.

In 2012 het Angel die pornobedryf begin verruil vir seksopvoedingswerk. Hy het deur die wêreld begin toer om oor menslike seksualiteit te praat. Sy demonstrasie, "Bucking the System", het ten doel gehad om tradisionele idees van gender te redefinieer deur middel van die opvoeding van sy gehore oor gendervloeibaarheid en genderidentiteit. Angel het ook begin toer met 'n vraag-en-antwoordsessie oor sy dokumentêr Sexing the Transman, en sy outobiografiese prent, "Mr. Angel".

In Oktober 2010 het Angel tot die seksopvoeder en rubriekskrywer Dan Savage se "It Gets Better"-projek bygedra deur sy uitkomstorie op YouTube te plaas. Hy het ook al verskeie openbarediensaankondigings gedoen oor die onderwerpe positiewe liggaamsbeeld, LGBTQ-familieaanvaarding, queer mense van kleur en transgenderwelsyn en . Hy voed ook trans mans op oor veilige seks.

Tussen 2010 en 2015 het hy 'n bekroonde reeks oor die sekualiteit van trans mans vervaardig met die titel Sexing the Transman XXX. In 2012 het hy 'n afspraakwebtuiste vir trans mans geskep met die naam BuckAngelDating.com, omdat "daar steeds geen spesiale afspraakwebtuistes was wat in die behoeftes van trans mans voorsien het nie".

In 2016 het Angel met Perfect Fit Brand saamgespan om 'n seksspeelding spesifiek vir trans mans te vervaardig. Die produk het ten doel om genderdisforie te verminder en trans mans te help om aansluiting te vind by hulle liggame en seksualiteit.

Filmografie Pornoprente 2004: Buck's Beaver 2005: The Adventures of Buck Naked 2005: Cirque Noir 2005: Allanah Starr's Big Boob Adventures 2006: Buck Off 2006: V for Vagina 2006: The Buck Stops Here 2007: Even More Bang for Your Buck Vol. 1 2008: Even More Bang for your Buck Vol. 2 2008: Buckback Mountain 2009: Ultimate Fucking Club Vol. 1 2009: Ultimate Fucking Club Vol.2 2010–12: Sexing The Transman XXX Series 2016: Girl/Boy (Evil Angel)

Dokumentêre 2008: NAKED 2012: Sexing the Transman 2013: Mr. Angel 2016: The Trans List (HBO) 2016: Finding Kim 2016: BLOWN

Hoofstroommedia 1993: Porno for Pyros - "Cursed Female" 2015: "Technical Difficulties of Intimacy" 2016: Loki Starfish – "Shivers are Proof (Paris)"

Verwysings

Skakels

Kategorie:Pornografiese akteurs Kategorie:Transgender mense