Bob Shop, voorheen bekend onder die handelsnaam Bidorbuy of bidorbuy.co.za (dit word amptelik geskryf as een woord, in kleinletters; variasies van die spelling is: bid or buy, BidOrBuy en Bid or Buy) is 'n Engelstalige e-handelwebwerf wat gebaseer is op 'n internetveiling en aanlynwinkel-model wat individue en besighede toelaat om met mekaar handel te dryf. Transaksies vind plaas in Rand.
duimnael|Nuwe naam (Bob Shop) en kenteken, gestileer as bobshop. duimnael|Bob Shop se ou kenteken, toe dit nog bekend was as Bidorbuy. Geskiedenis Bidorbuy is in Augustus 1999 tydens die hoogbloei van die dotcom-borrel deur Andy Higgins in Suid-Afrika bekendgestel. Die aanvanklike befondsing en ondersteuning is verskaf deur Yair Tauman, Abraham Neyman, Danny Barnea en Zohar Gilon. Bidorbuy is amptelik in Januarie 2000 met 'n massiewe bemarkingsveldtog van stapel gestuur, met Nitzan Tal as die besturende direkteur. Bidorbuy was binne maande een van die voorste internetbesighede en een van die sterkste internethandelsmerke in Suid-Afrika. Die bekendstellingsveldtog het 2 APEX-toekennings gewen. Tussen Februarie en April 2000 het Nitzan Tal die webwerwe in Indië en Australië bekendgestel. In 2001, ná die dotcom-borrel gebars het, is die Australiese webwerf gesluit, en het die Indiese webwerf saamgesmelt met 'n voormalige mededinger, Baazee.com (wat in 2004 deur eBay gekoop iseBay India Management ).
In Oktober 2001 het Higgins voortgegaan om die Suid-Afrikaanse tak te bestuur. Op 'n stadium het die maatskappy slegs een ander persoon in diens gehad. Vanaf 2005 het die besigheid egter beter begin vaar, die toenemende beskikbaarheid van breëbandinternetdienste en makliker toegang tot internet in Suid-Afrika. Bidorbuy.co.za het gou die grootste aanlyn markplek van sy soort in Suid-Afrika en Afrika geword.Your Guide to Buying and Selling on bidorbuy, Zebra Press, 2009 In 2010 het bidorbuy 'n belegging in PayFast.co.za, 'n plaaslike aanlynbetalingsmaatskappy, gemaak. In Mei 2014 het bidorbuy 'n belegging gemaak in die e-handelmaatskappy uAfrica.com.
In Augustus 2022 het bidorbuy formeel met uAfrica saamgesmelt om 'n nuwe maatskappy bekend as Bob Group te vorm. Bob Group is geskep om 'alles e-handel' aan alle aanlynkopers en handelaars in Suid-Afrika te bied, met 'n reeks beplande dienste wat almal onder die Bob Group-sambreel funksioneer. In Maart 2023 is nuwe identiteite vir elke Bob Group-diens bekend gemaak, met uAfrica wat sy naam na Bob Go verander het en bidorbuy wat herdoop is na Bob Shop.
Noemenswaardige en kontroversiële items Plastiese chirurgie prosedures (Julie 2000). Die kontroversie rondom die sirkulasie van R5 Mandelamunte (Julie 2008) Nie-amptelike seëls wat die bewind van President Kgalema Motlanthe herdenk (Maart 2009) 'n Kieser het probeer om sy stem op bidorbuy te verkoop (April 2009) 'n Skaars ZAR Veldpond is vir R450,000 verkoop (Julie 2010) 'n Poging is gemaak om ongeslypte diamante op bidorbuy te verkoop (Augustus 2010) 'n Rok wat gedra is deur die destydse leier van die Demokratiese Alliansie, Helen Zille, is op bidorbuy ten bate van liefdadigheid verkoop (Maart 2010)The Times Live Helen’s going, going gown 'n Poging om toiletpapier met 'n uitbeelding van Julius Malema daarop te verkoop (November 2010) Eerste Afrikaanse vampierfilm memorabilia verkoop op bidorbuy (Junie 2011) ANC se eeufeesmunte te koop aangebied (Oktober 2011) 'n Onderhemp gedra deur Justin Bieber te koop aangebied op bidorbuy (Junie 2013) Eetbare skildery van sjokolade te koop aangebied op bidorbuy (April 2014). 'n Halfmiljoen muntstuk: Bidorbuy (April 2015).
Verwysings
Verdere leesmateriaal Boek Your Guide to Buying and Selling on bidorbuy, 2009, Akademiese publikasie: Wits Sakeskool gevallestudie: bidorbuy – Biding for First Place My Broadband: Biggest South African Websites December 2011 Entrepreneur Magazine: Success Stories: Bidorbuy – Andy Higgins
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Suid-Afrikaanse maatskappye Kategorie:Suid-Afrikaanse webwerwe