Die pondowitpeer (Apodytes abbottii) is 'n struik of klein boom wat deel van die Metteniusaceae familie is. Die plant is endemies aan KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Dit kom van die Oribiravyn tot by Port St Johns voor en die spesie het 'n voorkomsgebied van 900 km². Die plant word bedreig deur te veel veldbrande en die verbruik van dié boom as brandhout en boumateriaal.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Apodytes Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika