Afrika 200px|Ligging van Afrika op 'n wêreldkaart Oppervlakte 30 221 532 km² (2de) Bevolking 1,1 miljard (2013, 2de) Bevolkingsdigtheid 36,4/km² Lande 54 (en 2 omstrede) Afhanklike gebiede 7 Taalfamilies Afro-AsiatiesNiger-KongoKhoisanNilo-SahariesAustronesiesIndo-Europees Tydsones UTC-1 (Kaap Verde) tot UTC+4 (Mauritius en Seychelle) Grootste stede Lagos Kaïro Kinshasa-Brazzaville Johannesburg Nairobi Mogadisjoe Khartoem-Omdoerman Dar-es-Salaam Alexandrië Abidjan Casablanca
Afrika is die wêreld se tweede grootste kontinent (na Asië) in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 30 221 532 km² wat 20,3% van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 1 miljard mense – ongeveer 'n sewende van die wêreldbevolking.
Lande
duimnael|300px|Nasa-Satellietbeeld van Afrika duimnael|300px|Kaart van Afrika duimnael|300px|Politiese kaart van Afrika duimnael|300px|Die Verenigde Nasies se indeling van Afrika in substreke: duimnael|300px|Verspreiding van godsdienste in Afrika Naam van streek en gebied, met vlag Oppervlak(km²) Bevolking USCensusBureau:Countries and Areas Ranked by Population: 2009 Jaar Bevolkingsdigtheid(per km²) HoofstadNoord-Afrika2 381 74034 178 188200914Algiers (Spanje)2071 50520013 575—1 001 45082 868 000201283Kaïro (Spanje)7 4922 118 5192010226Las Palmas de Gran Canaria,Santa Cruz de Tenerife1 759 5406 310 43420094Tripoli (Portugal)797245 0002001307Funchal446 55034 859 364200978Rabat (Spanje)1266 41120015 534—1 861 48430 894 000200817Khartoem163 61010 486 339200964Tunis266 000405 21020092LaâyouneHoring van Afrika of Noordoos-Afrika23 000623 891201222Djiboeti121 3205 647 168200947Asmara1 127 12784 320 987201275Addis Abeba637 6579 832 017200915MogadisjoeOos-Afrika27 8308 988 0912009323Bujumbura2 170752 4382009347Moroni582 65039 002 772200966Nairobi587 04020 653 556200935Antananarivo118 48014 268 7112009120Lilongwe2 0401 284 2642009630Port Louis (Frankryk)374223 7652009490Mamoudzou801 59021 669 278200927Maputo (Frankryk)2 512743 9812002296Saint-Denis26 33810 473 2822009398Kigali45587 4762009192Victoria619 7458 260 490200813Joeba945 08744 929 002200943Dodoma236 04032 369 5582009137Kampala752 61411 862 740200916Lusaka390 58011 392 629200929HarareSentraal-Afrika1 246 70012 799 293200910Luanda28 051633 441200923Malabo267 6671 514 99320096Libreville475 44018 879 301200940Yaoundé342 0004 012 809200912Brazzaville2 345 41069 575 000201230Kinshasa1 001212 6792009212São Tomé622 9844 511 48820097Bangui1 284 00010 329 20820098N'DjamenaSuider-Afrika600 3701 990 87620093Gaborone30 3552 130 819200970Maseru825 4182 108 66520093Windhoek1 219 91251 770 560201142Bloemfontein, Kaapstad, Pretoria17 3631 123 913200965MbabaneWes-Afrika112 6208 791 832200978Porto-Novo274 20015 746 232200957Ouagadougou11 3001 782 8932009158Banjul239 46023 832 4952009100Accra245 85710 057 975200941Conakry36 1201 533 964200943Bissau322 46020 617 068200964Abidjan,Yamoussoukro4 033429 4742009107Praia111 3703 441 790200931Monrovia1 240 00012 666 987200910Bamako1 030 7003 129 48620093Nouakchott1 267 00015 306 252200912Niamey923 768166 629 0002012180Abuja196 19013 711 597200970Dakar71 7406 440 053200990Freetown (Verenigde Koninkryk)4207 728201213Jamestown56 7856 019 8772009106LoméAfrika Totaal30 368 6091 001 320 281200933
Tale
duimnael|Kaart van die tale van Afrika Die meeste amptelike tale van Afrika is Indo-Europese tale soos Frans, Engels, Portugees, Spaans en Afrikaans. Frans: Benin, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek van die Kongo, Djiboeti, Gaboen, Guinee, Ivoorkus, Kameroen, Mali, Madagaskar, Mauritanië Niger, Republiek van die Kongo, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Togo en Tsjad. Engels: Botswana, Gambië, Ghana, Kenia, Lesotho, Liberië, Malawi, Namibië, Nigerië, Soedan, Suid-Afrika, Suid-Soedan, eSwatini, Tanzanië, Uganda, Zambië, Zimbabwe. Portugees: Angola, Ekwatoriaal-Guinee, Kaap Verde en Mosambiek. Spaans: Ekwatoriaal-Guinee en Wes-Sahara. Afrikaans: Suid-Afrika (en Namibië tot 1990) Duits: Namibië (tot 1990)
Naas hierdie Indo-Europese tale word daar ook verskillende Afrikatale gepraat. Hulle is onderverdeel in Afro-Asiaties, Niger-Kongo, Khoisan, Nilo-Sahariese en Austronesies.
Geografie Die hoogste punt van Afrika is Kilimandjaro, 5895 m bo seevlak en die laagste punt is die Assalmeer, 155 m onder seevlak. Die Saharawoestyn is in die noorde van Afrika terwyl die Groot Skeurvallei in Oos-Afrika is. Die grootste rivier is die Nylrivier en die grootste meer is die Victoriameer. Die grootste land volgens oppervlakte is Algerië en volgens bevolking Nigerië.
Afrika, wat 'n oppervlakte van ruim 30 miljoen km² beslaan, is na Asië en die Amerikas die derde grootste vasteland ter wêreld. Hoewel die ewenaar Afrika feitlik reëlreg in die helfte sny, dit is nou van noord na suid gesien, lê sowat twee derdes van die landmassa in die Noordelike Halfrond. Verreweg die grootste deel, meer as twee deerdes, lê tussen die Kreefskeerkring en die Steenbokskeerkring, en maak van Afrika die mees tropiese van alle vastelande.
Afrika-skild duimnael|Die Groot Skeurvallei van Oos-Afrika Kenmerkend van Afrika is die algemene plat voorkoms van die landskap. Die grootste deel van die vasteland bestaan uit valleie en hoë plato's, met enkele heuwels en berge wat bokant die landskap uittroon. Die byna plat voorkoms van die landoppervlakte kan toegeskryf word aan die hoe ouderdom van 'n groot deel van die kontinent. Afrika bestaan uit 'n geweldig groot deel oeroue gesteentes wat in die verre verlede die diepliggende dele van die berge gevorm het. Met verloop van tyd het die berge deur verwering weggeslyt, behalwe waar daar baie harde gesteentes naby die oppervlak was, wat meer weerstand teen erosie kon bied.
Só 'n ou geologiese vorming word 'n skild genoem. Daar is talle aanduidings dat die Afrika-skild, sowel as soortgelyke geologiese skilde soos dié in Suid-Amerika, Australië, Indië en Antarktika, oorspronklik een groot vasteland, naamlik Gondwanaland, gevorm het.
Die vastelande het stadig uitmekaar gedryf tot in hul huidige posisies op die aardbol. Volgens die teorie was die eiland Madagaskar, eers deel van Afrika (Plaattektoniek).
Weens verskeie vertikale bewegings is die Afrika-skild verdeel in 'n aantal skolle of verskuiwingsblokke, elk met 'n skoffelvormige bovlak, met 'n versonke middelste vlak. In Suider-Afrika is die plato's of tafellande hoër as die verder noord. Die gemiddelde hoogte in die suidelike deel van die kontinent is sowat 1 000 meter bo seespieël, terwyl die Drakensberge, wat 'n opvallende "skottelrand" het, hoër as 3 000 m is.
Die Kongo-bekken lê sowat 300 meter bo seespieël, terwyl sy kante omtrent 1 000 meter hoog is. Noord van die bekken is die gemiddelde hoogte laer. Die diepste deel van die Sahara-bekken lê onder seespieël.
Afrika kan dus gesien word as 'n reeks plato's en valleie wat trapsgewys van suid na noord daal, met net enkele natuurlike grense tussenin.
Slenkvalleis en vulkane duimnael|Die Afrika-plaat In die oostelike dele van Afrika het reuse-breuk vormings, saam met vulkaniese uitbarstings, die landskap heeltemal verander. Hier is die landmassa letterlik "gebreek". So het lang en diep valleie (slenke) gevorm, wat deel vorm van 'n slenkstelsel wat van die Jordaanvallei, deur die Rooisee en Ethiopië, na die Shire-vallei in Mosambiek loop. In Oos-Afrika verdeel die slenkstelsel in twee takke waar tussen die aardkors opgedruk is.
Op die plato lê die groot, maar vlak Victoriameer (skaars 80 m diep). Die westelike een van die twee groot slenkdale, naamlik die Groot Skeurvallei, kan duidelik op 'n kaart herken word omdat dit só 'n reeks smal, diep mere gevorm het van noord na suid kry 'n mens die Albertmeer, die Edwardmeer, die Kivumeer, die Tanganjikameer en die Malawimeer (Njassameer). Die oostelike lyn, wat sy beginpunt by die seestraat van Bab-el-Mandeb het, is met die eerste oogopslag nie so maklik herkenbaar nie. Die grootste meer wat hier gevorm het, is die Turkanameer, voorheen bekend as die Rudolfmeer.
Hoewel vulkaniese werkinge nog nie heeltemal uitgewoed is nie, het dit vandag nie naastenby die omvang en intensiteit wat dit voorheen gehad het nie. Daarvan getuig die groot, uitgewerkte vulkane wat tot vandag toe Afrika se hoogste berge is. Die hoogste berg is Kilimandjaro naby die grens tussen Kenia en Tanzanië. Dit is 5 895 m hoog. Hoewel dit in die middel van die tropiese gebied geleë is, is dit ewigdurend ook met sneeu bedek. Ander uitgewerkte vulkane is Berg Kenia (5 199 m) en die Elgon-gebergte (4 321 m), onderskeidelik in Kenia en op die grens tussen Kenia en Uganda. 'n Ander belangrike bewys van vulkaniese werkinge bestaan in die vorm van die lawa-afsettings wat groot oppervlaktes in Ethiopië en die hooglande van Oos-Afrika bedek.
Kameroenberg in Wes-Afrika is deur 'n soortgelyke proses gevorm, maar op 'n kleiner skaal: in dié gebied het vulkaniese werkinge 'n groter rol gespeel as breukvorming, en die opstoot van aardkorsdele na bo. Kameroenberg loop tot onder die see deur. Daarvan getuig die eilandreeks Fernando Po, Principe, Sao Tomé en Annobón.
Die vorming van bergreekse deur plooiing van die aardkors in die latere geologiese tydperke, het weinig invloed op Afrika gehad, meestal ook net aan die noordelike en suidelike rande. Hierdeur het die Atlasgebergte in die noordweste gevorm, heel waarskynlik in ongeveer dieselfde tyd as wat die groot bergreekse in Eurasië gevorm is.
Riviere en mere duimnael|Stroomgebiede van Afrika se groot riviere Behalwe vir die Atlasgebergte met sy talle klein riviertjies, toon die waterverspreidingspatroon van Afrika 'n baie duidelike patroon wat ooreenstem met die relatief eenvoudige struktuur van die vasteland. Daar is 'n paar groot rivierbekkens, asook etlike bekkens wat nie na die see uitloop nie. Sowat een derde van Afrika se water loop nie uit na die see weens die geringe reënval. Dit geld vir die Sahara én die Kalahari én die hoogliggende droë plato's in Suid-Ethiopië en Noord-Kenia.
Die riviere in die beskutte Oos-Afrika-bekken vloei uit in die Turkanameer. Aangrensend aan die Sahara en die Kalahari lê die groot moerasagtige mere, naamlik die soet Tsjadmeer, wat waarskynlik ondergronds deur soetwaterstrome gevoed word en die Okavangomoerasse, wat weens 'n verdampingsproses soutwater bevat. Belangrike rivierbekkens is die Nylbekken, die Kongo-bekken, die stroomgebied van die Niger in Wes-Afrika, die Zambezi in die suidooste, en die Oranjerivier in Suider-Afrika.
In die algemeen is die riviere minder belangrik vir skeepvaart. Die Niger- en die Oranjerivier is byvoorbeeld in die droë seisoen te vlak vir skeepvaart. Die water van die Oranjerivier bereik selfs nie eers gedurende die hele jaar deur die see nie.
Verder het die kenmerkende platovoorkoms van Afrika tot gevolg dat die meeste riviere juis by die kus waar die platorand skielik ophou, opskiet bo 'n smal kusvlakte en watervalle of stroomversnellings tot gevolg het. Riviere vorm ook watervalle teen die kante van die plato's in die binneland waarvan talle baie indrukwekkend is.
Afrika se beroemdste waterval is die Victoria-waterval op die grens tussen Zambië en Zimbabwe waar die water van die Zambezi 100 m na benede stort. Een voordeel van dié stapsgewyse afdaling van die Afrika-rivierbeddings, is dat daar op die vasteland talle geleenthede bestaan vir hidroëlektriese kraginstallasies.
Klimaat en natuurlike plantegroei duimnael|Klimaatsones in Afrika volgens die Köppen-klimaatklassifikasie duimnael|Biome van Afrika duimnael|Afrika-olifante en kwaggas in die Serengeti van Tanzanië Omdat die ewenaar deur die middel van Afrika loop, is die patroon van die klimaat en plantegroeistreke wat in die Noordelike Halfrond lê, in 'n groot mate dieselfde as in die Suidelike Halfrond.