thumb|140px|'n Vollengtebeeld van die doodskleed voor herstelwerk in 2002.
Die Doodskleed van Turyn (Italiaans: Sindone di Torino) is 'n stuk linne met die negatiewe beeld van 'n man. Sommige beskryf die beeld as 'n uitbeelding van Jesus van Nasaret en glo die materiaal is die begrafniskleed waarin Hy toegedraai is ná sy kruisiging. Die beeld op die kleed is baie duideliker op 'n swart-wit negatief – wat die eerste keer in 1898 deur die fotograaf Secondo Pia gesien is – as in sy oorspronklike sepia.
Geskiedenis Die doodskleed het die eerste keer in 1354 in die kollig gekom en is in 1389 'n vervalsing genoem deur die plaaslike biskop van Troyes. Die Rooms-Katolieke Kerk erken of verwerp op die oomblik nie die kleed nie, en in 2013 het pous Franciskus daarna verwys as 'n "ikoon van 'n man wat gekasty en gekruisig is". Die kleed word sedert 1578 in die koninklike kapel van die Katedraal van Turyn in Noord-Italië bewaar.
In 1988 het radiokoolstofdatering deur drie verskillende laboratoriums bepaal dat die doodskleed in die Middeleeue gemaak is, tussen 1260 en 1390. Dié toets het opnuut 'n debat ontketen, met sommige geleerdes wat die akkuraatheid daarvan bevraagteken omdat die dele wat getoets is, besoedel kon gewees het of kon gekom het van 'n stuk wat later bygevoeg is. Nog dateringstoetse is van die kleed self gedoen en dit weerspreek dié hipoteses, insluitende die een oor herstelwerk in die Middeleeue en die besoedelingshipotese. Sommige mense bevraagteken egter steeds die datering.The Shroud of Turin Was Declared a Fraud. New Research Has Some Asking for a Retrial
Verskeie metodes is voorgestel vir die manier waarop die kleed gemaak is, maar die werkike manier is nog nie uitsluitlik geïdentifiseer nie. Die kleed word steeds intensief bestudeer en bly 'n omstrede kwessie onder sommige wetenskaplikes en Bybelse geleerdes.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Jesus Kategorie:Christelike mitologie Kategorie:Middeleeue