Edith Picht-Axenfeld (1 Januarie 1914, Freiburg im Breisgau – 19 April 2001, Hinterzarten) was 'n Duitse pianis en klavesimbelspeler.
Loopbaan Picht-Axenfeld het in 1935 haar loopbaan begin as konsertpianis, en twee jaar later deelgeneem aan die III Internasionale Chopin Klavier-kompetisie, waartydens sy die sesde prys ontvang het; wat 'n hupstoot aan haar loopbaan gegee het. Na die Tweede Wêreldoorlog het Picht-Axenfeld op interkontinentale vlak klavier gespeel. Sy was ook 'n kamermusiek musikant en het opnames gemaak vir plaatetikette soos Deutsche Grammophon, Philips en Erato. RCA het 'n LP vrygestel van Chopin se Études op. 10 en op. 25, met Picht-Axenfeld voor die klavier.
Picht-Axenfeld is in 1936 met professor van filosofie, Georg Picht, getroud. Hulle het saam sewe kinders gehad, waaronder Robert Picht.
Invloed as onderwyseres Sy het van 1947 tot 1979 onderwys gegee aan die Staatliche Hochschule für Musik in Freiburg im Breisgau. Verskeie pianiste en ook komponiste soos Manfred Stahnke, maak melding van haar as 'n belangrike invloed.
Opnames Haar opname uit 1968 van Bach se Goldberg Variasies word beskou as 'n gesaghebbende interpretasie van die werk, en sy beskik steeds oor 'n groot groep toegewyde luisteraars wat verskeie van haar albums op YouTube gelaai het.
Verwysings
Kategorie:Duitse pianiste Kategorie:Geboortes in 1914 Kategorie:Sterftes in 2001