280px|duimnael|'t Land van Voorn word in rooi (links, bo) op Isaak Tirion se kaart van 1748 aangedui Voorne aan Zee (letterlik in Afrikaans: Voorne aan See) is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Zuid-Holland, met 'n bevolking van sowat 73 000 in 2023 en 'n oppervlakte van sowat 190 km².
Voorne aan Zee is in 2023 gestig deur die saamvoeging van die munisipaliteite Brielle, Hellevoetsluis en Westvoorne.
Voorne aan Zee lê in die weste van die Voorne-Putten-eiland en grens in die noord(ooste) aan die Hartelkanaal, in die ooste aan die Kanaal door Voorne, in die suide aan die Haringvliet-rivier en in die weste aan die Noordsee.
Die munisipaliteit is deel van die Metropoolregio Rotterdam-Den Haag.
Rockanje is 'n bekende kusdorp.
Plekke Stede: Brielle Hellevoetsluis
Dorpies:
Nieuw-Helvoet Nieuwenhoorn Oostvoorne Oudenhoorn
Rockanje Tinte Vierpolders Zwartewaal
Gehuggies:
Helhoek IJzerenbrug Kruininger Gors
Strype Stuifakker Vlotbrug
Munisipale raad Verkiesings sedert 2023:
Party Setels 2023 Inwonersbelang Voorne (IBV) 11 VVD 6 GL–PvdA 4 CDA 3 Partij Voorne aan Zee (pVaZ) 3 BVNL 2 ONS Brielle 2 D66 2 FVD 1 Vrij Voorne 1 Totaal 35
Naburige munisipaliteite
Eksterne skakels Amptelike webwerf Plaatsengids (beskrywing) AlleCijfers (statistiek)