Canasta (Spaans vir "mandjie") of kanasta is 'n kaartspel van die rummy-familie speletjies.Carlisle, Rodney P. (2009). Encyclopedia of Play in Today's Society, Volume 1, p. 615. Sage. . "Canasta developed from 500 Rum."Morehead, Albert Hodges and Hoyle, Edmond; reds. (1991). The New Complete Hoyle, Revised: The Authoritative Guide to the Official Rules of All Popular Games of Skill and Chance, p. 70. Doubleday. . Hoewel verskeie weergawes vir twee, drie, vyf of ses spelers bestaan, word dit meestal deur vier mense in twee spanne of pare gespeel met twee pakke kaarte. Spelers probeer soveel moontlik pakkies van sewe kaarte van dieselfde waarde maak, asook ander pakkies met kaarte van dieselfde waarde, en speel uit wanneer hulle al die kaarte in hulle hand opgebruik het. Dit is "die mees onlangse kaartspel wat wêreldwyd die status van 'n klassieke spel behaal het".

Geskiedenis Canasta is in 1939 deur die prokureur Segundo Sanchez Santos en sy brugmaat, die argitek Alberto Serrato, in Montevideo, Uruguay, uitgedinkAmerican Heritage Dictionary Spanish Word Histories and Mysteries: English Words That Come from Spanish, Houghton Mifflin Harcourt (2007), in 'n poging om 'n tyddoeltreffende spel te skep wat net so betowerend as brug is."History of Rummy" in Hulle het verskeie formules beproef voordat hulle Arturo Gomez Hartley en Ricardo Sanguinetti genooi het om die spel te toets.

Nadat hulle plaaslike brugklub die spel in die 1940's positief ervaar het, het dit vinnig in verskeie weergawes noordwaarts deur Suid-Amerika versprei na Chili, Peru, Brasilië en Argentinië, waar die reëls verder verfyn is.John Scarne, Scarne on Card Games, p. 127, Dover Publications (2004), Dit is in 1949 deur Josefina Artayeta de Viel bekend gestel in die VSA, waar dit die "Argentynse rummy" genoem is.John Griswold, Ian Fleming's James Bond: Annotations And Chronologies for Ian Fleming's Bond Stories, p. 228, AuthorHouse (2006), In 1949/'51 het die New Yorkse Regency ClubWebsite Regency Whist Club die ampelike canastareëls geskryf en dit is deur die National Canasta Laws Commissions van die VSA saam met kundiges van Suid-Amerika gepubliseer.Official Canasta Laws, adopted by the Regency Club and the National Canasta Laws Commission as the official Canasta Laws. The John C. Winston Company Philadelphia. Toronto 1951 (3de uitgawe)

Canasta het in die 1950's gou in Amerika gewild geraakNikki Katz, The Everything Card Games Book, p. 52, Adams Media (2004), en baie kaartstelle en boeke is uitgereik.Life Magazine, Life, 19 December (1949) Belangstelling in die speletjie het in die 1960's begin afneem, maar dit is steeds gewild, met canastaklubs en wat steeds in verskeie dele van die VSA en elders bestaan.

Santos en Serrato het die spel nooit gepatenteer nie en het nooit tantième ontvang toe die spel later uiters gewild geraak het nie.

Doel Die punte word in elke spelrondte aangeteken. Die doel van die spel is om soveel moontlik canastas en ander kaarte op die tafel te kry. Die speler/span wat eerste 5 000 punte kry, wen die spel (wat uit verskeie spelrondtes bestaan). Die hoofdoel van 'n spelrondte is dus nie om uit te speel nie, maar om soveel moontlik punte te kry. Dit is net 'n goeie skuif om so gou as moontlik uit te speel as jy wil keer dat jou teenstander(s) nog canastas maak. Dit is ook 'n goeie skuif as jou teenstander(s) baie rooi dries het, maar geen pakkies nie, want dit tel dan teen hulle.

Reëls vir klassieke canasta Kaarte en uitdeel Die klassieke spel is vir vier mense wat twee-twee saamspeel. Weergawes bestaan vir twee en drie spelers waarin elk alleen speel, asook vir ses spelers in twee pare van drie elk. Wanneer maats gekies word, moet hulle oorkant mekaar sit. Gewoonlik word twee volle pakke van 52 kaarte gebruik, saam met die twee jokers per pak, wat altesaam 108 kaarte is.

+ Kaartfunksies Kaart Waarde 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, J, Q, K, A Natuurlike kaarte vir pakkies 2, joker Wildekaarte vir pakkies Rooi 3 Bonuspunte Swart 3 Blokkeer volgende speler; 'n pakkie kan uitgesit word wanneer 'n speler uitspeel

Die aanvanklike deler word deur enige algemene metode gekies, hoewel die deler nie enige voordele het nie. Die volgende deler aan die linkerkant deel daarna die kaarte. Die deler skommel die kaarte en die speler aan sy regterkant sny die pak. Die deler deel dan 11 kaarte aan elke speler. Die oorblywende kaarte word op 'n voorraadstapel in die middel van die tafel gelos. Een kaart word van die voorraadstapel geneem en oop neergesit om die uitgooistapel te begin. As dié kaart 'n wildekaart of rooi drie is, word nog 'n kaart omgedraai en bo-op geplaas. Dit duur voort totdat 'n natuurlike kaart of swart drie omgedraai word.

As 'n speler met die uitdeelslag een of meer rooi dries kry, moet hy hulle dadelik met die gesig na bo by hom uitsit, en dieselfde hoeveelheid kaarte word dan van die voorraadstapel geneem in die plek daarvan.

Spel Die speler wat links van die deler sit, kry eerste kans om te speel en die spel vorder dan kloksgewys. 'n Beurt begin deur 'n kaart van die voorraadstapel te neem of die hele uitgooistapel te vat. Daar is egter beperkings op wanneer iemand die hele uitgooistapel mag neem. (Sien "Optel van die uitgooistapel" hier onder.) As die kaart wat opgetel word 'n rooi drie is, moet die kaart dadelik oop op die tafel neergesit en 'n ander kaart opgetel word.

Spelers kan enige kaarte in hulle hand gebruik om pakkies te maak of daarby aan te las. 'n Beurt eindig wanneer die speler 'n kaart uit sy hand op die uitgooistapel neersit.

Pakkies en canastas Elke speler/span het sy eie pakkies van kaarte met dieselfde waarde. 'n Speler mag nooit by 'n teenstander se pakkies aanlas nie. 'n Toelaatbare pakkie bestaan uit minstens drie kaarte van dieselfde waarde, soos drie konings, en daar is geen perk op hoe groot dit mag word nie. Pakkies mag uit enige kaarte bestaan, maar swart dries word anders as rooi dries hanteer. Wildekaarte kan in die plek van enige kaart gebruik word, buiten 'n drie. Dries kan nooit in gewone pakkies gebruik word nie, hoewel 'n pakkie van swart dries gemaak kan word as 'n speler uitspeel.

'n Pakkie moet bestaan uit minstens twee natuurlike kaarte en kan nooit meer as drie wildekaarte bevat nie. Voorbeelde: en is toelaatbare pakkies. is nie toelaatbaar nie, omdat dit net een natuurlike kaart bevat. is nie toelaatbaar nie, omdat dit meer as drie wildekaarte bevat. Een speler/span mag nie twee aparte pakkies van dieselfde waarde hê nie. As nog kaarte van dieselfde waarde uitgesit word, word hulle outomaties by 'n vorige pakkie aangelas.

'n Canasta is 'n pakkie van minstens sewe kaarte, óf rooi (suiwer) óf swart (onsuiwer). 'n Suiwer canasta is een wat net kaarte van dieselfde waarde bevat. 'n Onsuiwer canasta is een van beide natuurlike en wildekaarte. As 'n canasta gemaak word, word die pakkie opmekaargestapel en 'n kaart word bo-op neergesit – 'n rooi kaart om 'n suiwer canasta aan te dui en 'n swart kaart om 'n onsuiwer canasta aan te dui.

Aanvanklike pakkies Elke kaart het 'n spesifieke waarde wat die punte bepaal, asook die minimum punte wat spelers nodig het voordat hulle hulle eerste pakkies mag uitsit:

+ Puntewaardes vir pakkies Kaart Waarde 4, 5, 6, 7 5 8, 9, 10, J, Q, K 10 2, A 20 Joker 50

Die eerste pakkie(s) wat 'n speler/span mag uitsit, hang af van die waarde van die kaarte; dit moet 'n minimum waarde hê soos bepaal deur die waarde van elke kaart. Aan die begin van die spel het almal 'n vereiste waarde van 50 punte vir eerste pakkies. Die punte mag nie kaarte insluit wat 'n speler van die uitgooistapel optel nie, maar moet kom van die kaarte in sy hand en die boonste kaart van die uitgooistapel indien die uitgooistapel opgetel word. As die totale waarde nie aan die minimum voldoen nie, mag 'n speler nie sy eerste pakkies uitsit of die uitgooistapel optel nie. Ná die eerste spelbeurt word die minimum vereiste vir pakkies bepaal deur 'n speler/span se totale punte voor die spelbeurt begin.

Telling Waarde van eerste pakkie Negatief 15 0-1 495 50 1 500-2 995 90 3 000 en hoër 120

Voorbeeld: As 'n speler/span 'n totale telling van 1 600 het ná vorige rondtes, kan sy aanvanklike pakkies nie en wees nie, want dit tel net 65 punte, en die minimum vereiste is 90. Pakkies van en tel 95 punte en mag dus uitgesit word. Let daarop dat die aanvanklike pakkies wel uitgesit mag word as die speler/span se totale punte onder 1 500 is, en dat hulle nie uitgesit mag word as die speler/span se totale punte 3 000 of hoër is nie. Die minimum waarde van pakkies vir iemand wat 'n negatiewe totale telling het, is 15. Omdat enige drie kaarte altyd minstens 15 punte tel, beteken dit enige pakkie mag uitgesit word. As 'n spanmaat sy pakkies uitgesit het, mag sy maat enige toelaatbare kaarte aanlas sonder dat hy die minimum punte het.

Optel van die uitgooistapel Net die boonste kaart van die uitgooistapel moet sigbaar wees. 'n Speler mag nie deur die uitgooistapel loer nie.

Aan die begin van 'n beurt mag 'n speler die hele uitgooistapel optel in plaas daarvan om een kaart van die voorraadstapel op te tel. Hy mag net die uitgooistapel optel as hy die boonste kaart kan gebruik, óf in 'n bestaande pakkie óf in 'n nuwe pakkie saam met minstens twee kaarte in sy hand (wat wildekaarte mag insluit). Net die boonste kaart is dus relevant as 'n speler die hele uitgooistapel wil optel. As 'n speler/span nog nie 'n pakkie uitgesit het nie en die uitgooistapel wil optel, moet hulle aan die minimum waardevereiste vir eerste pakkies voldoen, met die insluiting van die boonste kaart.

As 'n wildekaart uitgegooi word, vries dit die uitgooistapel. Die kaart moet dwars op die res van die stapel neergesit word, soos op die foto heel bo, sodat dit sigbaar bly dat die stapel gevries is nadat nog kaarte uitgegooi is. As daar 'n wildekaart of swart drie bo-op die uitgooistapel lê, mag dit nie opgetel word nie. As 'n swart drie uitgegooi word, vries dit nie die stapel nie; dit keer net die volgende speler om die uitgooistapel op te tel. Die volgende kaart wat uitgegooi word, maak dat die uitgooistapel weer opgetel kan word (tensy dit 'n wildekaart of nog 'n swart drie is).

Die uitgooistapel is ook gevries vir 'n speler wat nog nie 'n pakkie in dié beurt uitgesit het nie; spelers met pakkies mag dit wel optel.

Uitspeel 'n Speler mag uitspeel deur al die kaarte in sy hand te gebruik, mits die speler/span minstens een canasta het. Die speler speel uit wanneer hy al die kaarte in sy hand vir pakkies kan gebruik of aanlas, en kan een kaart uitgooi indien nodig. Hy hoef egter nie 'n kaart uit te gooi nie. As die speler/span nog nie 'n canasta het nie, mag 'n speler nie sonder kaarte in sy hand sit nie.

As 'n speler kan uitspeel en hy het drie swart dries in sy hand, mag hy dit in 'n pakkie uitsit, maar net dan. Die rondte eindig wanneer 'n speler uitspeel, en dié speler kry 100 punte ekstra.

Wanneer 'n speler kan uitspeel, kan hy sy maat vra of hy mag. Dit is nie nodig om 'n maat se toestemming te vra nie, maar as hy dit doen, moet hy hom neerlê by sy maat se antwoord; as dié nee sê, mag hy nie uitspeel nie.

As 'n speler sy hele hand in 'n rondte kan uitsit (insluitend minstens een canasta) sonder dat hy voorheen pakkies uitgesit het, kry hulle nog 100 punte ekstra, dus altesaam 200 punte. Dit word "verborge uitspeel" genoem. Die speler mag van die uitgooistapel gebruik maak, maar moet aan die minimum vereiste vir eerste pakkies voldoen. Om dié bonus te verdien, mag 'n spanmaat nie kaarte by sy pakkies aanlas nie.