Dina Ercilia Boluarte Zegarra (gebore 31 Mei 1962) is 'n Peruaanse politikus, staatsamptenaar en prokureur wat sedert 7 Desember 2022 tot 10 Oktober 2025 as die president van Peru gedien het. Sy het as die eerste vise-president en minister by die Ministerie van Ontwikkeling en Maatskaplike Insluiting onder president Pedro Castillo gedien. Voor dit was sy vanaf 2007 tot 2022 'n beampte by die Nasionale Register van Identifikasie en Burgerlike Status (RENIEC).

Boluarte is die eerste vrou om as president van Peru te dien. Sy is ingesweer na 'n mislukte self-staatsgreep deur president Pedro Castillo wat gelei het tot sy vervolging, uitsetting en arrestasie. Haar presidentskap kom tydens 'n tydperk van politieke onrus in Peru wat in 2017 begin het, Sy was die sesde president van Peru in vyf jaar.

Gedurende haar eerste paar dae as president het pro-Castillo-protesaksies regoor Peru voorgekom; die Boluarte-regering se reaksie is deur Amnestie Internasionaal gekritiseer as "staatsonderdrukking".

Vroeë lewe en opvoeding Boluarte is op 31 Mei 1962 in Chalhuanca in die Apurímac-departement van Peru gebore. Sy het 'n regsgraad aan die Universiteit van San Martin de Porres verwerf en ook haar nagraadse studies aan dié universiteit gedoen.

Vroeë loopbaan In 2004 was Boluarte 'n mede-outeur van die boek The Recognition of Human Rights and International Humanitarian Law wat later vir plagiaat ondersoek is nadat 55% van die teks wat ingesluit is, deur die Turnitin sagteware as plagiaat vanaf 'n 2002-plasing op die Nasionale Menseregtekommissie van Meksiko se webwerf gemerk is.

Boluarte het tussen 2007 en 2022 as 'n prokureur en 'n beampte by die Nasionale Register van Identifikasie en Burgerlike Status gewerk. Sy het in 2017 by Vrye Peru-party aangesluit en was die party se burgemeesterskandidaat vir Lima se Surquillo-distrik die jaarna daarna. In 2020 was sy 'n kongressionele kandidaat vir die party; die party het geen setels in die kongres gewen nie.

Vise-president van Peru In 2021 het Vrye Peru se presidentskandidaat Pedro Castillo vir Boluarte as sy eerste-visepresidentskandidaat of running mate gekies. Castillo het die verkiesing gewen en hy en Boluarte is op 28 Julie ingesweer. Die dag daarna het Castillo vir Boluarte as minister van ontwikkeling en maatskaplike insluiting aangewys.

Op 23 Januarie 2022 is haar lidmaatskap van Vrye Peru beëindig nadat sy in 'n onderhoud met La Republica gesê dat sy nooit die ideologie van die party aanvaar het nie.

Boluarte het op 25 November 2022 as minister van ontwikkeling en maatskaplike insluiting bedank maar nie as vise-president nie. President van Peru Op 7 Desember 2022, tydens die Peruaanse politieke krisis toe president Pedro Castillo probeer het om die kongres van die Republiek van Peru te ontbind tydens vervolgingsverrigtinge teen hom, het Boluarte die stap veroordeel as 'n "afbreek van die grondwetlike orde" en die presidentskap aanvaar nadat Castillo uit die amp verwyder is. Sy het gevolglik Peru se eerste vroue president geword.

Latyns-Amerikaanse regerings, insluitend Argentinië, Bolivië, Colombia, Honduras, Meksiko en Venezuela het voortgegaan om Pedro Castillo as die demokraties verkose president van Peru te erken en het geweier om Boluarte te erken. Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1962 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Peruane Kategorie:Presidente