Wurmbea hiemalis is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Colchicaceae familie. Dit plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Kaapse Skiereiland voor waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die plant het 'n voorkomsgebied van 540 km² en daar is tussen vyf tot tien subpopulasies oor. 'n Klompie subpopulasies het verlore gegaan weens ontwikkeling deur die Kaapse Munisipaliteit by veral Houtbaai, Kampsbaai en Leeukop. Die oorblywende populasie word deur indringerplante bedreig.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
hiemalis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika