Die Orde van Meriete is die vierde hoogste van die ses ordes in die Jamaikaanse eerbewysstelsel. Dit word toegeken aan Jamaikane en hooggeagte burgers van ander lande vir internasionale uitmuntendheid in die wetenskap, kunste, letterkunde of enige ander veld."National Awards of Jamaica", Jamaica Information Service, besoek op 12 Mei 2015. Nie meer as 15 lewende mense mag lid van die orde wees nie."Jamaica hails heroes today ", The Jamaica Observer, 21 Oktober 2002. Dit word ook nie in een jaar aan meer as twee mense toegeken nie.
Jamaikane óf buitelanders kan die ereprys ontvang. Afgestorwe lede van die orde sluit in Bob Marley en Fidel Castro. Lede kan: die ordeteken as 'n versiering dra, die aanspreekvorm "Die agbare" kry, die letters "OM" agter hulle naam skryf.
Die motto van die orde is "He that does the truth comes into the light". Die Orde van Meriete is oorspronklik aan buitelandse staatshoofde toegeken, maar is in 2003 vervang deur die Orde van Uitmuntendheid.Chancery of the Societies of Honour - Ensuring that Jamaicans are Rewarded for Excellence Jamaican Information Service, Besoek op 8 Januarie 2007
Verwysings
Skakels Amptelike webtuiste
Kategorie:Jamaika Kategorie:Ridderordes