Caesia sabulosa is 'n plant wat endemies aan Suid-Afrika is. Die spesie kom in die Noord-Kaap en die Wes-Kaap voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 2200 km² en daar is minder as tien subpopulasies. Die spesie word bedreig deur die aartappel verbouing, ontwikkeling aan die kus en indringerplante. Dit is deel van die fynbos- en sandveld-biome.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Caesia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika