Al-Fur‘kân (Arabies: الفرقان, "Die Kriterium") is die 25ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 77 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.

Inhoud Dié soera hanteer die vrae en vertwyfelings wat die ongelowiges van Mekka geopper het teen die Koran en die profeetskap en lesse van Mohammed. Antwoorde op elke beswaar word onthul. Die naam Al-Furqan verwys na die Koran self as die beslissende kriterium tussen goed en kwaad. Die woord verskyn in die eerste vers van die hoofstuk.

Die soera lê klem op die feit dat daar geen sonde is wat nie vergewe kan word as daar egte berou bestaan nie, maak nie saak hoe groot die sonde is nie.

In vers 35 word na die Tora verwys: "En voorwaar, Ons het aan Moses die Boek gegee, en Ons het sy broer Aäron vir hom as ’n helper aangestel."Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran