Sojasous (ook bloot soy genoem in Amerikaanse Engels en soya sauce in Britse Engels) is 'n vloeibare spesery van Chinese oorsprong, tradisioneel gemaak van 'n gefermenteerde pasta van sojabone, geroosterde graan, pekel, en Aspergillus oryzae of Aspergillus sojae gisse. Dit word as 'n sterk umami-smaak beskou.

Sojasous in sy huidige vorm is ongeveer 2 200 jaar gelede geskep tydens die Westerse Han-dinastie van antieke China, en dit het deur Oos- en Suidoos-Asië versprei waar dit in kookkuns en as 'n spesery gebruik word.

Gebruik en berging Sojasous kan direk by kos gevoeg word, en word as 'n doop- of soutgeur in kookkuns gebruik. Dit word dikwels saam met rys, noedels en soesji of sashimi geëet, of kan ook met gemaalde wasabi gemeng word as 'n doopsous. Bottels sojasous as soutgeurmiddel van verskeie kosse is algemeen op restauranttafels in vele lande. Sojasous kan teen kamertemperatuur gestoor word.

Verwysings

Kategorie:Souse Kategorie:Koreaanse kookkuns Kategorie:Chinese kookkuns