duimnael|links|Die Lexington op 16 Augustus 1958 Die USS Lexington (CV/CVA/CVS/CVT/AVT-16), met die bynaam "The Blue Ghost", is een van 24 Essex-klas vliegdekskepe wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog vir die Amerikaanse Vloot gebou is. Dit sou aanvanklik Cabot geheet het, maar is hernoem terwyl dit nog onder konstruksie was. Dit is gedoen om die USS Lexington (CV-2) te herdenk wat net tevore gekelder is tydens die Slag van die Koraalsee. Dit is die vyfde skip van die Amerikaanse Vloot wat na die Slag van Lexington en Concord genoem is.

Sedert 1992 is die skip in Corpus Christi, Texas waar dit as 'n museum gebruik word.

Kategorie:Skepe betrokke in Tweede Wêreldoorlog Kategorie:Amerikaanse vliegdekskepe